Netbal is `n ideale spansport vir enige dogter. Nie net kry hulle die geleentheid om hul fiksheid en vaardighede te verbeter nie, maar word ook blootgestel aan die uitdagings van die lewe naamlik: teleurstelling, deursettingsvermoë, uithouvermoë, hardwerkendheid en sosialisering.
Alhoewel ons in die eerste kwartaal begin met netbal, is netbal ‘n wintersport wat in die tweede kwartaal gespeel word.
Graad 1 tot 3 leerders speel mini-netbal. Ons fokus vanaf ‘n vroeë ouderdom af op vaardigheidsontwikkeling. Die spelers neem aan vriendskaplike mini-netbaltoernooie deel.
Vanaf o.10 – o.13 word daar aan ligawedstryde deelgeneem.
Oefen Tye:
Oefen tye vir die junior en senior spanne is soos volg:
o/6 - o/7 - 13:00 tot 14:00 (Di & Do)
o/8 - o/9 - 13:30 tot 14:30 (Di & Do)
o/10 - o/13 - 14:00 tot 15:00 (Di & Do)