Akademie
Waar elke klein Valie sy vlerke kry!
Ons volg die amptelike nasionale CAPS-kurrikulum, maar ons doen dit met hope passie en opregte omgee! Omdat ons klasse lekker klein is, kry elke maatjie al die individuele aandag en sorg wat hulle nodig het om op hul eie unieke manier te floreer.
Vinkies & Vaaljapies Kleuterskool
Welkom by ons droomwêreld vir die heel kleinstes! Hier by die Vinkies & Vaaljapies Kleuterskool glo ons dat elke maatjie op hul eie pas en lekker speel-speel moet grootword. Ons het 'n veilige, kleurvolle plekkie waar kleuters kan verf, sing, buite speel en nuwe dinge ontdek. So help ons hulle om fyn- en grootspiere te ontwikkel, maats te maak, en sommer baie selfvertroue te kry. Elke dag begin hier met 'n groot glimlag en 'n lekker drukkie!
Hoe ons speel en leer:
Ons klasse is so ingerig dat elke maatjie in hul eie taal kan floreer en hope individuele aandag kry:
Aparte Afrikaanse en Engelse klasse. Dit help ons kleintjies om van die begin af sterk te staan in hul eie taal en sommer lekker vlot te gesels.
'n Tweetalige klas waar ons almal lekker saamsmelt! Hier berei ons die maatjies speel-speel voor vir Graad 1. Hulle leer om lekker saam te speel en vinnig in albei tale te kommunikeer.
Vak
Inligting oor die vak.