Vinkies

Ons visie:

‘n Skool waar leer lekker is en kinders kan kind wees.

Ons missie:

Hier ontwikkel ons kinders wat emosioneel, sosiaal en akademies gereed is vir die volgende fase van hul opvoeding.

prent

Houdings en waardes:

Ons hoop om die volgende houdings en waardes aan te moedig en te onwikkel:

Aanpasbaarheid

Empatie

Naasteliefde

Hulpvaardigheid

Pligsbesef      

Onafhanklikheid

Dankbaarheid

Lojaliteit

Eerlikheid       

Vertroue

Liefde            

Verdraagsaamheid

Respek           

Waardering

Verantwoordelikheid

Bedagsaamheid

prent4

Drie leerareas van die Grondslagfase word in ons leerprogramme geïmplementeer:

Taalvaardigheid  (Huistaal)

Syfervaardigheid (Wiskunde)

Lewensvaardighede (Fisiese, Persoonlike en Sosiale Ontwikkeling)

Die inhoud, kennis, vaardighede en waardes van die kurrikulum word deur die jaar aan die kleuters oorgedra aan die hand van bepaalde temas. Omdat hulle speel, leer hulle flink en vrolik sonder om leerwerk as te uitdagend te sien. Ons help vinnig ‘n handjie wat sukkel of ‘n koppie wat dalk net weer rustig moet hoor, voor hy kan doen. Om die geheelontwikkeling van ons kleuters te bewerkstellig word daar daagliks, op ‘n gebalanseerde wyse, verskeie aktiwiteite uit al drie genoemde leerareas (Taalvaardigheid, Syfervaardigheid en Lewensvaardighede) aangebied.

 

Hier volg die uiteensetting van die 3 klasse in die skool:

Graad R klasse:                     1 x Afrikaans, 1 x Engels

Graad RRR en RR klas:         1 x Gekombineerd   Tweetalig

 

kontakbesonderhede