Laerskool Vaalwater bied bulletjie rugby aan vir die O/6 (Gr R) tot O/8 (Gr 2) leerlinge. Dit gee die leerlinge die geleentheid om vaardighede te ontwikkel en deel te neem sonder enige kontak, deur die gebruik van “rips”.
Ons fokus op die volgende:
- Om leerders die basiese vaardighede van rugby te leer,
- Kinders lief te maak vir die sport,
- Kinders se karakter te bou deur in ‘n positiewe omgewing saam met maats te speel.
- Die seuns geleenthede te gee om in wedstryde te speel.
- Die jong beginners bekend te stel aan die vreugdes van spansport.
- Persoonlike ontwikkeling aan te moedig.
- Om elke kind geleentheid te gee om sy eie identiteit te ontwikkel.