Die heel eerste skoolgebou was langs die huidige Vaalwater Hotel en is in 1953 geopen.  Dit was 'n driemanskool met Mnr. S.S.B Hoffman as die hoof en sy vrou.  Tannie Katy en Tannie Chrissie van Heerden as die ander twee personeellede.

Oom Nic Runtgen was die bestuurder van die heel eerste skoolbus wat al die leerders na en van die skool vervoer het.

Op 11 Junie 1960 word die nuwe skoolgeboue wat ons tans gebruik, in gebruik geneem. Die hoeksteen van die nuwe skool word gelĂȘ deur Mnr. S.G.J van Niekerk wat 'n lid van die Uitvoerende Komitee was.

Na Mnr. Hoffman se aftrede word Mnr. S.J.M Swanepoel die skoolhoof.  Na sy aftrede word Mnr. P.B.E van der Westhuizen (Mnr Pieter) die skoolhoof.  Nadat die boerdery Mnr Pieter weggeneem het van die skool, word Mnr. Daan Labuschagne as hoof aangestel.  Vanaf 2006 tot Junie 2008 los Me. Petro Raubenheimer af as Waarnemende Hoof, waarna Mnr. Willen Nezar as hoof van Laerskool Vaalwater aangestel word.

Mnr. Nezar is op 17 Desember 2012 oorlede.  Me. Martie Steyl los af tot in Augustus 2014 as Waarnemende Hoof. 

Mnr. L.H. Vorster word hoof op 1 September 2014 en is tot op hede volstoom aan die gang. 

Die skoollied is deur Oom Hoffie (Mnr Hofman) geskryf.  Ons sing vandag nog steeds dieselfde skoollied.

Ons skoolwapen is ook deur Mnr. Hoffman ontwerp en gebaseer op die woorde van ons skoollied (waar bloue lug die vlak omspan met sonneskyn bestreel.....)

Ons leuse "EK KAN" moedig elke Valie aan om enige iets met durf en moed aan te pak, want hulle weet - EK KAN.