Atletiek
Atletiek is `n sportsoort wat verskeie geleenthede bied aan enige leerder om sy/haar potensiaal tot die uiterste te benut. Met die variasies van spoed, krag, uithou en veerkrag, wat verskeie items behels, kan enige kind hom/haar uitleef.
Atletiek leer ‘n leerder volharding, deursettingsvermoë en selfdissipline om sodoende liggaamlike ontwikkeling te bevorder. Atletiek berei ook ‘n leerder voor vir sy/haar “Wedloop van die Lewe” wat lei tot volwassenheid. Leerders leer oor gesonde eet-gewoontes en hoe om dit toe te pas in sy/haar daaglikse lewe.
Atletiek bied geleenthede om tot op `n hoë ouderdom deel te neem en doelwitte te stel om aan Suid-Afrikaanse en Wêreldkampioenskappe, Internasionale Deelname en Olimpiese Spele deel te neem.