Skoolwapen
Laerskool
Vaalwater
Laerskool Vaalwater - Belangrike Inligting
Laerskool Vaalwater Wapen
Riglyne • Reëls • Skooltye • Finansies

Belangrike Inligting

Stiptelike aanvang van die skooldag

Skooltye

Vinkies & Vaaljapies

Graad RRR tot Graad R

Maandag tot Vrydag 07:30 – 13:00

Grondslagfase

Graad 1 tot Graad 3

Maandag tot Vrydag 07:30 – 13:30

Intersenfase

Graad 4 tot Graad 7

Maandag tot Donderdag 07:30 – 14:00
Vrydae 07:30 – 13:30
Amptelike Departementele Datums

Skoolkwartale 2026

Eerste Kwartaal 14 Jan – 27 Mrt
Tweede Kwartaal 13 Apr – 26 Jun
Derde Kwartaal 21 Jul – 2 Okt
Vierde Kwartaal 13 Okt – 9 Des
Volledige finansiële uiteensetting

Skoolfonds 2026

Kleuterskool (Gr RRR - R)

Maandelikse Fooi R1 360
Totale Jaarfooi R16 320

Laerskool (Gr 1 - Gr 7)

Maandelikse Fooi R1 260
Totale Jaarfooi R15 120
Finansiële Voorwaardes:
  • Skoolgeld is streng vooruitbetaalbaar voor of op die 7de van elke kalendermaand.
  • Neem asseblief kennis dat daar geen spesiale finansiële reëlings of kortings vir die kleuterskool beskikbaar is nie.

Amptelike Bankbesonderhede:

Bank: First National Bank (FNB)

Rekeningnommer: 62612880379

Takkode: 258629

Verwysing: Rekeningnr / Kind se Naam, Van & Graad

Ons uiterlike trots en identiteit

Skooldrag-beleid

Maandag, Woensdag en Vrydag (Somer Formele Drag)

Meisies (Formeel)

  • Wit kraaghemp met knope
  • Grys romp
  • Skoolskoene met wit sokkies

Seuns (Formeel)

  • Wit kraaghemp met knope
  • Kort grys broek
  • Skoolskoene met grys kouse
Dinsdag en Donderdag (Somer Valie-drag)

Meisies Valie-drag

  • Rooi Valie-hemp
  • Swart skort

Seuns Valie-drag

  • Rooi Valie-hemp
  • Swart PT-broek

Die fleece-baadjie en rooi Valie-hemp moet by die kantoor bestel word. Die ander uniform items is beskikbaar by plaaslike klerewinkels (PEP, Ackermans).

Trotse ambassadeurs van ons skool

Gedragskode & Skoolreëls

By Laerskool Vaalwater streef ons na 'n veilige en lekker skoolomgewing waar elke kind optimaal kan leer en ontwikkel. Ons verwag van ons leerders om altyd hul beste te gee en trotse ambassadeurs vir ons skool te wees.

Hier is 'n vinnige opsomming van ons reëls. Vir al die fynere besonderhede, laai asseblief die amptelike dokument hier onder af.

1. Algemene Gedrag
Ons behandel mekaar met respek en hoflikheid. Maats moet selfbeheersing aan die dag lê teenoor onderwysers, besoekers en medeleerders. Boeliegrawery (afknouery), bakleiery of die beskadiging van eiendom word glad nie toegelaat nie.
2. Voorkoms & Skooldrag
Leerders moet elke dag netjies in die korrekte skooldrag skool toe kom. Ons het duidelike reëls oor netjiese haarstyle en die dra van juwele. Onthou asseblief dat geen grimering of naellak by die skool toegelaat word nie.
3. Skoolwerk & Akademiese Toewyding
Ons verwag van elke leerder 'n goeie werksetiek. Dit beteken klasse mag nie ontwrig word nie, huiswerkboeke moet daagliks ingevul word en take moet betyds klaar wees. Enige vorm van oneerlikheid tydens toetse of eksamens is 'n ernstige oortreding.
4. Stiptelikheid & Afwesigheid
Skool begin stiptelik om 07:30. Dit is belangrik dat leerders elke dag hier is. As u kind laat kom of afwesig is, moet die ouers asseblief 'n skriftelike briefie of 'n mediese sertifikaat vir die skool stuur.
Belangrike akademiese en sportgebeure

Skoolkalender

Nuwe Aansoeke

Inskrywings 2027

Graad R & Graad 1 Aansoeke vir 2027

Aanlyn Aansoeke

Alle aansoeke vir Graad R en Graad 1 moet deur die Limpopo Online Admission and Placement System (LOAPS) ingedien word.

Aanlyn Stelsel Oop: 27 Julie 2026 (09:00) tot 31 Augustus 2026 (23:59)
LOAPS Portaal

Vereiste Dokumente:

  • Afskrif van die leerder se geboortesertifikaat
  • ID-afskrifte van ouers of wettige voogde
  • Bewys van fisiese woonadres
  • Kliniek-/Immunisasiekaart
  • Oorplasingskaart of skoolrapport (indien van toepassing)

Belangrik:

Maak seker dat die Ligging (Location) op u toestel geaktiveer is voordat u aansoek doen.

LOAPS-stelsel Navrae:

Inbelsentrum: 080 020 2611

E-pos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Graad 2–7 Aansoeke

Direk by Skool

Nuwe aansoeke vir Graad 2 tot Graad 7 word direk deur Laerskool Vaalwater hanteer.
Haal die inskrywingsvorms by die skoolkantoor af en dien die volledig voltooide aansoekvorm saam met die vereiste dokumente in.

Vereiste Dokumente:

  • Gesertifiseerde afskrif van geboortesertifikaat
  • Nuutste amptelike skoolrapport
  • Afskrif van die oordragsertifikaat
  • Immunisasiekaart (Grondslagfase)
  • ID-afskrifte van albei ouers / voogde
  • Amptelike bewys van fisiese woonadres

Vir verdere navrae oor hulp met die aansoekproses, kontak gerus die skoolkantoor.

Volg ons op sosiale media

Nuutste nuus

Besoek ons Facebook-bladsy

Vir daaglikse fotogalerye, sportuitslae, dringende aankondigings en regstreekse nuus oor ons skoolaktiwiteite!

Gaan na Facebook