1. Inleiding

Hierdie dokument is die skool se Gedragskode. Die Beheerliggaam het met die ouers, leerders, en opvoeders van die skool gekonsulteer betreffende die inhoud van die Gedragskode. Die Gedragskode is opgestel in ooreenstemming met die toepaslike bepalings vervat in die Grondwet van die Republiek van Suid Afrika 108 van 1996, die Suid Afrikaanse Skolewet 84 van 1996, Riglyne vir Gedragskode vir Leerders (Kennisgewing 776 van 1998) en ander toepaslike provinsiale wetgewing.

2. Doel

Die Doel van die Gedragskode is om 'n kultuur van versoening, opvoeding, wedersydse respek en verdraagsaamheid en vrede in die skool te vestig.
Die Gedragskode onderskryf die skool se missiestelling.
'n Leerder en sy ouers/voogde moet hulleself van die skool se Gedragskode en die bepalings daarvan vergewis. Sodra 'n leerder by die skool ingeskryf is, is hy/sy by implikasie aan die Gedragskode verbonde en moet dit stiptelik nakom. Indien 'n leerder die Gedragskode oortree of minag, sal daar dienooreenkomstig teenoor hom/haar opgetree word.

3. Gedragskode

Algemene reëls:
3.1 Die leerders sal hulle te alle tye gedra as goeie ambassadeurs van die skool;
3.2 Die leerders sal te alle tye terwyl hulle geklee is in die skool se skooldrag hulleself op so 'n wyse gedra dat dit nie die skool, personeel of hulle mede-leerders in 'n swak lig stel nie;
3.3 Leerders moet te alle tye in hulle omgang met die personeel van die skool die nodige hoflikheid en respek betoon;
3.4 In hulle omgang met mekaar moet leerders wedersydse respek en verdraagsaamheid betoon;
3.5 'n Opvoeder van die skool sal dieselfde regte as 'n ouer geniet ten aansien van die beheer en dissipline van die leerder volgens die Gedragskode gedurende die leerder se bywoning van die skool en enige skoolaktiwiteit;
3.6 Die hoof of 'n opvoeder het, met redelike vermoede, die reg om 'n leerder en/of sy eiendom in sy besit te ondersoek vir enige gevaarlike wapens, gewere, dwelms of skadelike gevaarlike middels, gesteelde goedere, of pornografiese materiaal wat op die skooleiendom gebring is.
3.7 Leerders mag nie in die klaskamer of saal eet of drink nie. Die kou van kougom gedurende skoolaktiwiteite is verbode.
3.8 Selfoongebruik gedurende skoolaktiwiteite is streng verbode. Selfone moet by die kantoor ingehandig word in die oggend en kan na skool weer afgehaal word indien dit vir watter rede ookal skool toe gebring word.
3.9 Die rook, besit en/of gebruik van tabakmiddels, drank, ander alkoholiese middels of dwelmmiddels gedurende enige skoolaktiwiteit of wanneer leerders in skooldrag geklee is, is verbode.
3.10 Oortredings wat tot skorsing en/of uitsetting kan lei, sluit in, maar is nie beperk nie tot:


• optrede wat ander se veiligheid bedreig en wat die regte van ander skend;
• die besit, dreigement of gebruik van gevaarlike wapens;
• die besit, gebruik, verhandeling of sigbare bewys van narkotiese of ongemagtigde dwelms, alkohol en bedwelmende middels van enige aard;
• bakleiery, aanranding of mishandeling;
• onsedelike gedrag of ʼn gevloek;
• die aanneem of voorhou van ʼn vals identiteit;
• enige vorm van haatspraak, seksisme, rassisme of ander antisosiale gedrag;
• diefstal of die besit van gesteelde goedere, wat die diefstal of besit van toets- of eksamenvraestelle voor sodanige toets of eksamen insluit;
• onregmatige optrede teenoor en/of vandalisme, die vernietiging of beskadiging van skooleiendom wat die aanbring van graffiti sou insluit;
• oneerbiedigheid, aanstootlike gedrag en verbale mishandeling gerig teen opvoeders of ander skoolpersoneel of -leerders;
• herhaalde oortredings van skoolreëls of hierdie gedragskode;
• viktimisasie, afknouery en intimidasie van ander leerders;
• die oortreding van eksamenreëls; en

4. Klasreëls
4.1 Leerders moet stiptelik en volledig voldoen aan die klasreëls asook aan enige verbale opdragte gegee deur die klasopvoeder of enige uitvoerende personeellid;
4.2 Enige oortreding van die klasreëls sal beskou word asof hierdie Gedragskode en skoolreëls oortree word.

5. Reëls met betrekking tot voorkoms en skooldrag:
5.1 Skooldrag:
5.1.1 Die voorgeskrewe skooldrag moet gedurende skoolure en ander aktiwiteite soos deur die Beheerliggaam bepaal word, gedra word;

5.1.2 Kleredragreëls:
Seuns:
Winter: Voorgeskrewe grys sweetpak met wit of swart tekkies. OF Langmou grys hemp, grys langbroek, grys kouse en swart skoolskoene. Rooi windjakker en/of grys trui.
Somer: Kort grys broek en grys skoolhemp. Grys kouse en swart skoolskoene of kaalvoet.
Sport: Swart PT-broek met rooi Valies gholfhempie

Dogters:
Winter: Voorgeskrewe grys sweetpak met wit of swart tekkies. OF Grys langbroek en wit skoolsokkies met swart skoolskoene. Grys trui en/of rooi windjakker. OF Rooi rok met grys kniekouse.
Somer: Rooi skoolrok met kort wit skoolsokkies en swart skoolskoene of kaalvoet.
Sport: Swart PT-broek met rooi Valies-gholfhempie
5.1.4 Geen musse of hoofbedekkings mag gedra word nie.
5.1.5 Die beheerliggaam kan na goeddunke toestemming verleen dat leerders by sekere geleenthede burger-/gewone drag dra. Sodanige drag moet netjies en welvoeglik wees.
5.2 Voorkoms:
Sien volledige gedragskode.

6. Sport en buitemuurse aktiwiteite:
Sien volledige gedragskode.

7. Skooleiendom:
7.1 Elke leerder is verplig om alles in sy/haar vermoë te doen om die skool se eiendom te bewaar sodat dit gebruik kan word tot voordeel van alle huidige en toekomstige leerders van die skool;

8. Leerlingraad:
8.1 Die Leerlingraad is saam met die opvoeders verantwoordelik vir die algemene dissipline van die skool;

9. Skoolkennisgewings:
9.1 Elke leerder is verplig om alle kennisgewings aan die ouers van die skool wat vir daardie doel deur die beheerliggaam, prinsipaal of 'n opvoeder van die skool aan hom/haar gegee is, aan sy/haar ouers te oorhandig, en om stiptelik enige ontvangserkenning wat die ouers moet voltooi, aan die klasopvoeder te voorsien;

10. Skoolwerk en Huiswerk:
10.1 Daar moet te alle tye 'n ordelike klasatmosfeer in die klaskamers heers. Leerders moet nie onderrig steur of verhinder nie;
10.2 Leerders moet klasopdragte stiptelik nakom;
10.3 Elke leerder moet sodanige huiswerkboek as wat die prinsipaal of klasopvoeder mag voorskryf, hou en in stand hou;
10.4 Elke leerder moet die voorgeskrewe huiswerk doen en stiptelik op die spertyd daarvoor aan die betrokke opvoeder oorhandig.
10.5 Elke leerder moet sy/haar voorgeskrewe skoolwerk met ywer, pligsgetrouheid en toewyding doen om sodoende 'n deurlopende werksetiek te ontwikkel.
10.6 Dit is die leerder se plig om werk wat hy/sy gemis het so spoedig moontlik in te haal;

11. Toetse en Eksamens:
11.1 Alle leerders is verplig om hulle te onderwerp aan die toetse en eksamens wat deur die opvoeders aan hulle deurgegee word.
11.2 Leerders moet hulle tydens die afneem van toetse of eksamens weerhou van afkykery of enige ander aktiwiteit wat neerkom op oneerlikeheid;

12. Stiptelikheid:
12.1 Leerders moet altyd op die bestemde tyd aan die begin van die skooldag opdaag en by die aanvang van enige ander skoolaktiwiteit. Wanneer 'n leerder laat is moet hy/sy 'n skriftelike verskoning van sy/haar ouers verskaf; (Skool kan skooltye hier invoeg)

13. Afwesigheid van skool:
13.1 Leerders mag slegs in uitsonderlike gevalle afwesig wees van die skool, en dan slegs met die skriftelike toestemming van die prinsipaal of sy verteenwoordiger indien hy nie beskikbaar is nie;
13.2 'n Leerder wat vir een tot drie agtereenvolgende dae van die skool afwesig is moet by sy/haar terugkeer skool toe 'n skriftelike verduideliking van sy/haar ouers voorlê. Afwesigheid vir meer as 3 (drie) agtereenvolgende dae sal slegs gekondoneer word indien 'n sertifikaat deur 'n geregistreerde mediese praktisyn voorgelê word, behalwe in die geval van dood of trauma in die leerder se huisgesin of 'n ander rede deur die prinsipaal goedgekeur;

14. Omgewing
14.1 Leerders het die reg tot 'n veilige omgewing en skool wat bevorderlik is vir opvoeding;
14.2 Leerders moet gehoor gee aan die redelike opdragte van die hoof, enige opvoeder of lid van die leerlingraad met betrekking tot die handhawing van 'n skoon en higiëniese skoolomgewing;
(Sien die volledige Gedragskode vir 'n volledige uiteensetting van die skoolreëls)