WhatsApp Image 2020 06 30 at 07.11.12

Elke Valie onderwyser, ouer en leerder van Laerskool Vaalwater. Baie welkom terug na die vakansie.

Ek hoop elkeen het sommer ‘n wonderlike Kersgety en nuwe jaar gehad. Ons skop 2021 af met ‘n vinnige pas. Ons het weer ‘n toetsreeks en assesserings die eerste kwartaal wat die leerders geleentheid gee om genoeg konkrete werk te hê om te leer. Ons vra dat elke ouer sal toesien dat u kind se boeke elke dag in hulle tasse sal wees en dat elke kind elke dag sy skryfbehoeftes by hom het.

Ons glo en vertrou dat u en u kind sommer baie vreugde sal ervaar by ons pragskool en mag die Hemelse Vader sy hand van beskerming oor elkeen van u hou in hierdie nuwe jaar.

Valiegroete

LH Vorster

(Hoof)