Elke dogter, kry die geleentheid om aan hokkie deel te neem. Hulle word die geleentheid gegun om aan ‘n spansport deel te neem en so sportmangees op te bou.

       

Mini-hokkie en Senior hokkie word by die skool aangebied in die derde kwartaal. Mini-hokkie word gespeel deur o.7; o.8; o.9 en o.10 leerders. Senior hokkie word deur o.11; o.12 en o.13 leerders gespeel.

 

Hokkie oefening 2018

Mini-hokkie

Di & Do

13:30 – 14 :30

0/11

Di & Do

14:00 – 16: 00

0/13

Di & Do

14:00 – 16:00

Chantal

Chenelle

Jane

Lizette

Georgina

Ilze

Delecia

Madelein

Michael

 

Liga Wedstryde

* Die skole wat onderstreep is, is waar die wedstryd gespeel word.

26 Julie : Warmbad, Nylstroom, Unitas, Vaalwater

31 Julie : Nylstroom, Vaalwater

2 Augustus: Warmbad, Koedoeskop, Vaalwater

14 Augustus: Bosveld, Unitas, Vaalwater

21 Augustus : Ellisras, Vaalwater

23 Augustus : Vaalwater, Thabazimbi

 

Mini-Hokkie wedstryde

8 September : Thabazimbi

Krieket vind plaas in die derde kwartaal. Daar is drie spanne wat aan verskeie wedstryde tydens die seisoen delneem.

Rugby is ‘n wintersport wat in die laaste gedeelte van die 1ste kwartaal en in die 2de kwartaal beoefen word. Die fokus van die afrigters is op vaardigheidsontwikkeling en die genot van die spel.

Oefen Tye:

Oefen tye vir die junior en senior spanne is soos volg:

  1. Dinsdae 15:00 – 16:00
  2. Donderdae 15:00 – 16:00

Rugby is 'n belangrike opvoedingsmeganisme om seuns na volwassenheid te lei. Ons leerders leer om in die dinamika van 'n span saam met spanmaats te speel. Die fokus van die afrigters is op vaardigheidsontwikkeling en die genot van die spel.

Rugby is ‘n wintersport wat in die laaste gedeelte van die eerste kwartaal en in die tweede kwartaal beoefen word. 

Oefen Tye:

Oefen tye vir die bulletjies is soos volg:

  1. Dinsdae:       14:00 – 15:00
  2. Donderdae:   14:00 – 15:00

Oefen tye vir die senior spanne is soos volg:

  1. Dinsdae:       15:00 – 16:00
  2. Donderdae:   15:00 – 16:00

Laerskool Vaalwater bied bulletjie rugby aan vir die O/6 (Gr R) tot O/8 (Gr 2) leerlinge. Dit gee die leerlinge die geleentheid om vaardighede te ontwikkel en deel te neem sonder enige kontak, deur die gebruik van “rips”.

 

Ons fokus op die volgende:

  1. Om leerders die basiese vaardighede van rugby te leer,
  2. Kinders lief te maak vir die sport,
  3. Kinders se karakter te bou deur in ‘n positiewe omgewing saam met maats te speel.
  4. Die seuns geleenthede te gee om in wedstryde te speel.
  5. Die jong beginners bekend te stel aan die vreugdes van spansport.
  6. Persoonlike ontwikkeling aan te moedig.
  7. Om elke kind geleentheid te gee om sy eie identiteit te ontwikkel.

Oefen Tye:

Oefen tye vir o/6, o/7 en o/8 is soos volg:

  1. Dinsdae 14:15 – 15:00
  2. Donderdae 14:15 – 15:00