Die kommunikeerder gee daaglikse opdaterings van gebeure om en by die skool. Volg die instruksies hieronder om die Kommunikeerder af te laai.

Die d6-kommunikeerder kan via die d6-webwerf op u rekenaar afgelaai word. 

  1. Gaan na http://d6.co.za/education/downloads/
  2. Kies “South Africa” uit die lys van lande.
  3. Tik “Laerskool Vaalwater” in die blokkie wat verskyn. Die skool behoort in die kieslys te verskyn sodat daarop geklik kan word.
  4. Kies of u dit op Mac of Windows wil aflaai en volg die instruksies.

Soek vir “d6 School Communicator” in die Apple App Store of Google Play Store om die toepassing op u slimfoon af te laai.

Netbal is `n ideale spansport vir enige dogter. Nie net kry hulle die geleentheid om hul fiksheid en vaardighede te verbeter nie, maar word ook blootgestel aan die uitdagings van die lewe naamlik: teleurstelling, deursettingsvermoë, uithouvermoë, hardwerkendheid en sosialisering.

Alhoewel ons in die eerste kwartaal begin met netbal, is netbal ‘n wintersport wat in die tweede kwartaal gespeel word.

Graad 1 tot 3 leerders speel mini-netbal. Ons fokus vanaf ‘n vroeë ouderdom af op vaardigheidsontwikkeling. Die spelers neem aan vriendskaplike mini-netbaltoernooie deel.

Vanaf o.10 – o.13 word daar aan ligawedstryde deelgeneem. 

Oefen Tye:

Oefen tye vir die junior en senior spanne is soos volg:

o/6 - o/7 - 13:00 tot 14:00 (Di & Do)
o/8 - o/9 - 13:30 tot 14:30 (Di & Do)
o/10 - o/13 - 14:00 tot 15:00 (Di & Do)

Atletiek

Atletiek is `n sportsoort wat verskeie geleenthede bied aan enige leerder om sy/haar potensiaal tot die uiterste te benut.  Met die variasies van spoed, krag, uithou en veerkrag, wat verskeie items behels, kan enige kind hom/haar uitleef.

Atletiek leer ‘n leerder volharding, deursettingsvermoë en selfdissipline om sodoende liggaamlike ontwikkeling te bevorder.  Atletiek berei ook ‘n leerder voor vir sy/haar “Wedloop van die Lewe” wat lei tot volwassenheid. Leerders leer oor gesonde eet-gewoontes en hoe om dit toe te pas in sy/haar daaglikse lewe.

Atletiek bied geleenthede om tot op `n hoë ouderdom deel te neem en doelwitte te stel om aan Suid-Afrikaanse en Wêreldkampioenskappe, Internasionale Deelname en Olimpiese Spele deel te neem.

Senior Prysuitdeling 2017

Platinum Sertifikate vir Uitstaande Akademiese Prestasie:

Graad 4:

Hanu Kruger

Ruben Swanevelder

Graad 5:

Kyra le Roux

Graad 6:

Marisha Bendè

Leani du Toit

Graad 7:

Zoey Joubert

Lamp of Knowledge:

Graad 6:

Marisha Benadè

Leani du Toit

Akademiese Medalje:

Zoey Joubert (7 jaar in 'n ry Platinum toekenning)

Spesiale Toekennings:

Kuns en Kultuurtrofee: Zoey Joubert

Sporttoekennings:

Atletiek:

Senior Victor Ludorm: Lesedi Moima

Senior Victrix Ludorm: Lydia Makgoala

Rugby:

Junior speler van die jaar: Tiaan Kotzè

Senior speler van die jaar: Stefan Swanevelder

Krieket:

Senior Krieketspeler van die jaar: Stefan Swanevelder

Netbal:

Junior speelster van die jaar: Kyra le Roux

Senior speelster van die jaar: Leani du Toit

Hokkie:

Senior speelster: Zoey Joubert

Tennis:

Senior seun speler van die jaar: Stefan Swanevelder

Senior dogter speelster van die jaar: Leani du Toit

Sokker:

Speler van die jaar: Brandon Scheepers

Spesiale toekennings:

Sportseun van die jaar: Stefan swanevelder

Sportdogter van die jaar: Leani du Toit

Staatmakerstrofee: Koketso Letlhaka

Valie van die jaar: Zoey Joubert

Entrepreneurstrofee: Koketso Letlhaka